WELKOM BY NG SUIDKUS GEMEENTE

Baie welkom alle nuwe lidmate, besoekers of belangstellendes, by NG Suidkus Amanzimtoti gemeente.

 

Ons wil graag vir elke gelowige welkom en deel van ons gemeente laat voel.

 

Ons glo dat daar aan elke persoon gawes geskenk word, om tot seën te wees vir God se koninkryk. Ons wil u graag begelei om ‘n plek te vind waar u daardie gawe kan uitleef in ons geloofsgemeenskap.

 

U word genooi om ons Sondag eredienste by te woon, waar een van ons lidmate u vriendelik in die voorportaal sal ontvang en u besonderhede neem. Nuwe intrekkers word ook uitgenooi om na die erediens die predikant voor in die kerk te ontmoet.

 

Ons predikant verbind hom daartoe om so gou as moontlik persoonlike kontak te maak met nuwe lidmate en sal graag leiding gee oor waar en hoe u kan inskakel. U is welkom om ons kerkkantoor te skakel met enige navrae.