ONS PERSONEEL?

 

 

 

 

Leeraars

Liezel de Jager

Liezel de Jager

As predikant bly dit vir my ‘n groot voorreg om betrokke te mag wees in die lewens van gelowiges. Ek glo dat die Here my geroep het om mense te bly herinner van Sy konstante teenwoordigheid in alle omstandighede.

Miskien omdat ek self iemand is wat maklik vergeet, het die Here in Sy alwysheid besluit dat ek een van die mense moet wees wat die gemeenskap van gelowiges, help onthou.

Ek voel bevoorreg om hierdie herinneringsrol te mag speel; vanaf die doop, reg deur die vreugdes en struwelinge van mense se lewens, tot wanneer ons hierdie wereld verlaat vir die ewige lewe.

Om my in hierdie roeping te ondersteun het die Here my geseën met my man Werner, en my pragtige twee dogtertjies, Lané en Ila. Hul teenwoordigheid is ‘n konstante herinnering van die Here se werking en sorg in my lewe.

Marius Schoombie

Marius Schoombie

Ek glo om vir Jesus Christus te volg is die beste moontlike manier om te lewe. Jesus self nooi ons uit in hierdie lewe in waar hy in Johannes 10:10 sê: “Ek het gekom sodat julle lewe kan hê en dit in oorvloed”.

As Dominee vra mense jou gereeld “Hoekom wou jy ’n dominee word.” My antwoord daarop is en was nog altyd dat dit is waarheen my lewe (en ek glo die Here) my gelei het. Ek was nog altyd in die rivier, ek het nooit ingespring nie. My lewenspad het my al deur oomblikke van groot vreugde en groot hartseer gelei en deur al hierdie oomblikke het ek ervaar hoe God my dieper in ons verhouding innooi.

Ek hoop dat ek ’n venster mag wees waardeur ander mense kan kyk en vir God sien – dat Christus, deur my, ook ander sal innooi na ’n lewe van oorvloed.

Ek is bevoorreg om getroud te wees met Pauline, wat die beste geskenk is wat God my ooit kon gee, en ons deel ons huis met twee goue honde en ’n kat.