VINNIGE VORMS
NUWE LIDMAATVORM
Baie welkom by ons! Ons is opgewonde dat jy by ons aansluit. Laai gerus ons nuwe lidmaatvorm hier af. Om u ten beste te help om in te skakel, is dit belangrik dat ons ingelig bly oor u nuutste kontak besonderhede. Vul asb. die vorm so volledig as moontlik in. Kyk ook gerus na ons Welkom (hyperlink) blad vir meer inligting.
DOOPREGISTRASIE
Om ’n kind te doop is ’n besonderse spesiale oomblik vir enige ouer. Dit is ook een van die mees besonderse oomblikke in die kind se lewe. Omdat die doop so belangrik is, bied ons ’n doop voorbereidingskursus aan vir die doopouers. Daarom is dit belangrik om vroegtydig te reël met die betrokke predikant. Ons bedien die doop op die eerste Sondag van elke maand.
DEBIET ORDERVORM
Jou bydrae help ons om aan te hou om ’n hawe van hulp en hoop in ons samelewing te wees. Ons kan dit nie doen sonder die ondersteuning van ons gemeentelede nie. Debietorders, in pleks van EFT’s, help ons om ook finansieel te beplan en begroot
GEDENKMUUR
Laai hierdie vorm af om ’n nissie of gedenkplaat in ons gedenkmuur te bestel. Naby familielede kry toegang tot die gedenkmuur en kan dit enige tyd tydens kantoorure of voor- en na Eredienste besoek.
HUWELIKSVORM
Hier kan jy die vorm aflaai om na die betrokke leraar te neem wat jou in die huwelik gaan bevestig. Die leraar gaan ook saam met jou ’n huwelikskursus loop, ter voorbereiding op jou huwelik, so reël asseblief vroegtydig.
KATEGESE INSKRYWINGS
Skryf hier in vir ons kategese program
BELYDENISKLAS
Kry jou Belydenisklas inligting- en registrasievorm hier.