RAAK BETROKKE

RAAK BETROKKE:

WORD DEEL VAN DIE SPAN

Om ’n Erediens op ’n Sondag glad te laat verloop, is daar ’n groot span mense wat betrokke is by ons Eredienste. Ons wil jou ook graag betrokke hê! Daar is ’n klomp verskillende spanne waarby jy betrokke kan raak:

MUSIEK EN MULTIMEDIA

Ons het ’n talentvolle Lof- en aanbiddingspan wat die gemeente in aanbidding begelei met ’n verskeidenheid van instrumente, insluitend klavier, orrel, kitaar, perkussie en stemme. As jy ’n gawe vir musiek het, of selfs net wil leer, is jy welkom om by die Musiekbediening aan te sluit.

Op die agtergrond is daar ook ’n span wat ons klank meng, die rekenaar beman en help met die uitsaai en opneem van ons eredienste. Indien jy enige van hierdie vaardighede het, of dit graag wil leer, is jy welkom om deel te word van ons Multimedia span.

 

GASVRYHEID

Van mense verwelkom en nuwe lidmate ontvang, tot by koffie en tee skink na die Erediens, is daar ’n span mense wat jou tuis laat voel. Indien jy op hierdie manier wil bedien, is jy welkom om deel te word van ons Gasvryheid span.

 

GELOOFSVORMING

Die geloofsvorming (kategese) van ons jongmense vind na die Oggend- en Aanddiens (tydens skoolkwartale) plaas. Indien jy ’n passie het vir kinders of tieners, of jy self ’n ouer is, is jy welkom om deel te word van hierdie span.