HOE WERK DIT?

Ons beplan om die Kerssangdiens in die parkeerterrein te hou, sodat ons met meer vrymoedigheid kan sing met Covid-19 regulasies in gedagte.

Indien dit reën, sal ons egter die Kerssangdiens in die kerkgebou hou. 
Ons hou die weer noukeurig dop en sal Sondag oggend 9:00 ‘n aankondiging maak oor waar die Kerssangdiens sal plaasvind.

Die Kerssangdiens sal ook regstreeks uitgesaai word, ongeag of dit in die parkeerterrein of in die kerkgebou is. 

Klik Hier om deel te neem aan die regstreekse uitsending.

Hieronder word twee planne uiteengesit. Plan A is alles wat jy moet weet vir die buitelug diens. Plan B is alles wat jy moet weet indien dit reën.

PLAN A

INDIEN DIT NIE REËN NIE

Buitelug Erediens in die Parkeerterrein

Ons versier bome en hou piekniek – 17:00 – 18:30
Kerssangdiens: 18:30-20:00

Hoe werk die bome versier?
  • Bring ornamente en battery aangedrewe liggies as jy bome kom versier
  • Jy kan ook jou liggies in die week by die kerk aflaai as jy nie self wil versier nie (merk dit asb duidelik!)
  • Daar sal ‘n leer of twee wees vir almal se gebruik.
  • Jy is welkom om vir jou ‘n piekniek mandjie te pak om na die versiering en voor die diens te geniet.
  • Jy kan jou liggies los tot maandag oggend, wanneer die kerk se personeel dit sal afhaal en bewaar tot jy dit kom haal, of jy kan die liggies self na die erediens afhaal.
Hoe werk die erediens?
  • Die diens vind in die parkeerterrein plaas.
  • Die helfte van die parkeerterrein sal steeds vir parkering gebruik word. Indien die parkeerterrein vol is, is daar ook parkering beskikbaar by Toti Primary oorkant die pad, of in die straat.
  • Die diens begin 18:30 en eindig 20:00.
  • Bring gerus ‘n kampstoel saam indien jy gemaklik wil sit (daar sal ‘n paar ekstra stoele beskikbaar wees vir almal wat nie kampstoele het nie).
  • Daar sal ‘n projektor wees sodat almal maklik die woorde van die liedere kan volg.
  • Onthou asb dat Covid-19 regulasies nog geld. Elkeen wat die diens bywoon moet asb. die register invul, sosiale afstand handhaaf en ‘n masker dra

PLAN B

INDIEN DIT REËN

Erediens in die Kerkgebou

Ons slaan kersbome op en hou piekniek – 17:00 – 18:30
Kerssangdiens: 18:30-20:00

Hoe werk die kersbome?
  • Bring jou kersboom, liggies en ornamente en slaan dit voor in die kerk op.
  • Indien jou kersboom krag nodig het, bring asb ‘n verlengkoord saam.
  • Jy kan ook jou kersboom in die week by die kerk aflaai as jy nie self wil versier nie (merk dit asb duidelik!)
  • Jy is welkom om vir jou ‘n piekniek mandjie te pak om na die versiering en voor die diens te geniet.
  • Slaan jou boom na die erediens af.
Hoe werk die erediens?
  • Die diens vind in die Kerkgebou plaas
  • Die diens begin 18:30 en eindig 20:00.
  • Onthou asb dat Covid-19 regulasies nog geld. Elkeen wat die diens bywoon moet asb. die register invul, sosiale afstand handhaaf en ‘n masker dra.