Ons hou weer Kermis!

Vir die eerste keer sedert 2019 hou ons weer ‘n fisiese Kermis!
Om aan Covid-19 regulasies te voldoen sal al die stalletjies hierdie jaar in die parkeerterrein wees. Daar is ook ander maatreëls in plek om te verseker dat die Kermis Kuier ‘n veilige plek is te midde van die Covid-19 krisis.
Kom deel saam in die lekker kos, vermaak, kinderspeletjies, en vele meer!
Onthou asb. jou masker!

Fondsinsameling Lootjies

Om fondse vir die gemeente in te samel, hou ons ‘n trekking op die dag van die kermis. Enige iemand kan inskryf! Om kaartjies te koop, Whatsapp jou naam en hoeveel kaartjies jy wil koop na ons Whatsapp nommer en ons sal terug kom na jou toe. Klik hier vir ons bankbesonderhede en Snapscan kode. Alternatiewelik kan kaartjies ook by ons kerkkantoor gekoop word.

Die trekking vind 4 September om 13:00 plaas.
Jy hoef nie teenwoordig te wees om te wen nie.

Bestellings en Lootjies

Ons neem ook bestellings deur Whatsapp. Bestellings sluit 2 September om 12:00 en kan op die dag van die kermis tussen 09:00 en 10:00 by die boonste hek opgelaai word.

Klik op die knoppie hieronder om jou bestelling te plaas of Kansvattertjie Lootjies te koop. Alternatiewelik kan jy ons Whatsapp by 074 476 4654 of skakel by 031 903 6567.

Meer inligting volg kortliks

Hou hierdie bladsy dop vir meer inligting oor produkte, aktiwiteite en algemene reëlings oor die Kermis Kuier. Indien jy enige navrae het, kontak ons gerus!

Kontak ons

9 + 12 =