EREDIENS

Eredienste:

TYDENS COVID-19

Vanaf 26 September 2021 hou ons weer eredienste by die kerkgebou om 9:00. Die erediens word ook regstreeks uitgesaai en die boodskap is na die tyd op youtube beskikbaar. Klik op die knoppie om na die regstreekse uitsending te gaan. Die nuutste boodskap is ook hieronder beskikbaar

 

 

EREDIENS

OGGENDDIENS| 9:00

’N EREDIENS VIR ALMAL

Hierdie is ons tradisionele diens, waardeur ons God al vir 45 jaar aanbid. Hierdie is ’n ruimte waar enige iemand welkom is om saam te aanbid. Ons aanbidding word begelei deur ‘n verskeidenheid instrumente: kitaar, keyboard en orrel. Tydens skoolkwartale skep ons in elke Erediens ’n kindermoment, waar ons vir ’n oomblik op die kinders fokus (en die ouers help om die boodskap beter te verstaan). Tydens die erediens is daar ook aktiwiteitsblaaie vir die kinders. Daar is ook ’n betroubare span wat die geloofsgroei van voorskoolse kinders tydens die diens hanteer.

 

 

Community Church | 08:00 – Kapel

’N MULTIKULTURELE EREDIENS IN ENGELS

Community Church is ’n intieme groep gelowiges van verskillende rasse, tale en kulture wat saam aanbid. Hierdie is ‘n intieme groep, waar elkeen se bydrae en menswees waardeer word! Die diens is elke Sondag om 08:00 in die Kapel (agter die hoofgebou).

MOOI HAWENS | 09: 00

EREDIENS BY MOOI HAWENS RESEDENTIA | Winkelspruit

Suidkus gemeente het vir die eerste keer in Mooi Hawens as gemeente saamgekom. Toe die kerkgebou gebou is, is hierdie diens behou vir ons bejaarde lidmate in Mooihawens en Tabor. Dit beteken egter nie die diens is eksklusief nie – enige iemand is welkom om die Erediens by te woon.

 

COASTLINE ESTATES | 09:00

’N EREDIENS WAT GRENSE OORSTEEK

Party inwoners van ons gemeenskap het nie vervoer nie. Die Here gebruik mense vanuit ons gemeente wat ’n hart vir die gemeenskap het om dienste by Coastline Estates op die R603 te hou. Ons dank die Here dat ons die Goeie Nuus ook met die inwoners van Coastline Estates kan deel.

 

 

RAAK BETROKKE:

WORD DEEL VAN DIE SPAN

Om ’n Erediens op ’n Sondag glad te laat verloop, is daar ’n groot span mense wat betrokke is by ons Eredienste. Ons wil jou ook graag betrokke hê! Daar is ’n klomp verskillende spanne waarby jy betrokke kan raak:

MUSIEK EN MULTIMEDIA

Ons het ’n talentvolle Lof- en aanbiddingspan wat die gemeente in aanbidding begelei met ’n verskeidenheid van instrumente, insluitend klavier, orrel, kitaar, perkussie en stemme. As jy ’n gawe vir musiek het, of selfs net wil leer, is jy welkom om by die Musiekbediening aan te sluit.

Op die agtergrond is daar ook ’n span wat ons klank meng, die rekenaar beman en help met die uitsaai en opneem van ons eredienste. Indien jy enige van hierdie vaardighede het, of dit graag wil leer, is jy welkom om deel te word van ons Multimedia span.

 

GASVRYHEID

Van mense verwelkom en nuwe lidmate ontvang, tot by koffie en tee skink na die Erediens, is daar ’n span mense wat jou tuis laat voel. Indien jy op hierdie manier wil bedien, is jy welkom om deel te word van ons Gasvryheid span.

 

GELOOFSVORMING

Die geloofsvorming (kategese) van ons jongmense vind na die Oggenddiens (tydens skoolkwartale) plaas. Indien jy ’n passie het vir kinders of tieners, of jy self ’n ouer is, is jy welkom om deel te word van hierdie span.

 

 

Vir meer inligting of om betrokke te raak 

KONTAK ONS

2 + 6 =